Tuesday, October 6, 2015

Vanaand

Normaalweg kan ek gedagtes van jou wegdrink
maar vanaand is dit verlange wat aan my kou...
Normaalweg kan ek jou uit my hart uitsit
maar vanaand is ek te moeg om aan te hou.

Die herinneringe speel soos rolprente deur my gedagtes
en ek kan nie keer dat gedagtes van jou soos heroïne in my junkie-are brand nie.
Ek voel weer die pyn opnuut,
alles wat ons was,
alles wat jy gese het en
alles wat ons gedoen het en nie kon doen nie.
Dit spoel soos branders op die strand van my gedagtes vanaand...

Vanaand brand die herinerring van jou soos 'n vuur in my
en elke liewe moment brand net hoër
en ek kan jou net nie ontsnap nie
en ek wil nie die vlamme meer blus nie.

Ek sit hier in die kole en hoop jy kom terug na my,
maak my oë styf toe en hoop en smeek vir die ontsnap wat ek soms vind in slaap...
Kom maak my wakker asseblief.

Ek sit die tv kliphard om jou stem te kan verdrink maar ek kan nie vergeet nie
en ek is raadop en op my laaste sigaret
en jy slaap seker vas, diep in jou drome terwyl ek hier spartel in die hel van my eie gedagtes.

Waarookal jy is weet ek jy het aanbeweeg en dink nie meer aan my nie...
Ek weet jy beweeg aan en dat ek moet opgee
maar ek hoop dat jy sal struikel en weer vir my sal val.
Tyd maak niks beter nie,
die pyn is erger as wat dit ooit was
en ek weet jy kan my nie hoor nie maar fokkit ek het jou nodig weer vanaand.

No comments: