Monday, December 28, 2015

My Prinses

Ek is al bietjie langer in hierdie wêreld as jy en ek is al dood vir die meerderheid van daardie tyd. Ek het al dinge gesien wat jy jou nie eers kan verbeel nie en dinge gedoen wat ek sal verkies jy nie verbeel nie. Ek het nie presies 'n reputasie as iemand wat die "regte" ding doen nie; ek volg my bloed en dit neig nie altyd in die rigting van my brein nie, so ek maak baie foute, 'n miljoen verkeerde roepe. Dertig-plus jare en daar is net een ding waaroor ek seker is: Jou. Hey, kyk na my, ek vra jou nie vir enige iets nie, ek sê hierdie nie omdat ek jou soek nie, want ek doen soek jou, maar dit is nie hoekom ek jou hierdie vertel nie. Wanneer ek sê dat ek luef is vir jou is dit nie omdat ek jou soek nie of omdat ek jou nie kan hê nie, dit het niks met my te doen nie. Ek is lief vir wat jy is, wat jy doen, hoe jy probeer... Ek het jou vriendelikheid gesien, ek het die beste en ergste van jou gesien en ek verstaan met perfekte klaarheid presies wat jy is; jy is 'n wonderlike vrou, jy is die een, jy is my Prinses.

Tuesday, October 6, 2015

Vanaand

Normaalweg kan ek gedagtes van jou wegdrink
maar vanaand is dit verlange wat aan my kou...
Normaalweg kan ek jou uit my hart uitsit
maar vanaand is ek te moeg om aan te hou.

Die herinneringe speel soos rolprente deur my gedagtes
en ek kan nie keer dat gedagtes van jou soos heroïne in my junkie-are brand nie.
Ek voel weer die pyn opnuut,
alles wat ons was,
alles wat jy gese het en
alles wat ons gedoen het en nie kon doen nie.
Dit spoel soos branders op die strand van my gedagtes vanaand...

Vanaand brand die herinerring van jou soos 'n vuur in my
en elke liewe moment brand net hoër
en ek kan jou net nie ontsnap nie
en ek wil nie die vlamme meer blus nie.

Ek sit hier in die kole en hoop jy kom terug na my,
maak my oë styf toe en hoop en smeek vir die ontsnap wat ek soms vind in slaap...
Kom maak my wakker asseblief.

Ek sit die tv kliphard om jou stem te kan verdrink maar ek kan nie vergeet nie
en ek is raadop en op my laaste sigaret
en jy slaap seker vas, diep in jou drome terwyl ek hier spartel in die hel van my eie gedagtes.

Waarookal jy is weet ek jy het aanbeweeg en dink nie meer aan my nie...
Ek weet jy beweeg aan en dat ek moet opgee
maar ek hoop dat jy sal struikel en weer vir my sal val.
Tyd maak niks beter nie,
die pyn is erger as wat dit ooit was
en ek weet jy kan my nie hoor nie maar fokkit ek het jou nodig weer vanaand.

Monday, September 14, 2015

Dorpsplaaskind my Meisiekind

Dorpsplaaskind my meisiekind met winter in jou hare, 
mag jou glimlag nooit verblyk deur al leefs' kronkelpaaie
want hoëveldnooi my maanprinses die tyd brand in jou oë, 
die wêreld rol-tol en draai om ons en los jou soms bemoë 
maar elke nag gaan le die son en nag’s stilte ontplooi 
en jy, die maan in nagsgewaad, ontpop dan o so mooi. 

Ja langhaarkind my meisiemens jou prag straal altyd deur 
die moei en stoei en voortbestaan van dag na dag se treur. 
Jy’s bosveldmooi in helder-herfs en daagliks laat jy my 
my lewenskeuses keer op keer konstant weer regomkry. 
In elke dag se rondgespartel deur die werk en talm 
bly jy die en’gste oorsaak vir my nuutheersende kalm. 

O blommekind my pragprinses aan jou behoort my hart, 
kon ek vra vir enig’iets as verlossing van leefs’smart 
was dit om my lewe voort te leef met jou teenaan my sy. 
Om daagliks keer op keer die geleentheid te kan kry 
om jou elke dag telkemale keer herhaald'lik te kan wys 
dat daar niemand in die heelal is wat beter is as jy.

Sunday, May 10, 2015

Alliances

When you stand before me, stripped bare, nakedly honest, my allegiances perish, because wars are fought for moments like these; moments of blissful perfection, moments where all the reality that surrounds us tumbles into oblivion and the clutter fades into the background, when all that is left is the truth, the absolute, inalienable fact that I was meant to love you and you were meant to be loved by me. Perfectly. Absolutely. Honestly.

Sunday, April 19, 2015

'n Realisasie

My hele lewe is gebou om die veronderstelling dat ek "Die Een" sou vind. Die besef dat sy nie bestaan nie skep in my 'n leemte, 'n diep sekerheid dat niks wat ek op hierdie aarde doen saakmaak nie en dit is die punt. Niks wat ons doen maak saak nie. Daar is geen groter plan nie, geen groter prentjie nie en geen groot wen nie. As daar nie 'n glansryke einde in hierdie gemors van 'n lewe is nie en niks wat ons doen maak saak nie, is al wat saakmaak dan juis wat ons doen want dit is al wat daar is; Dit wat ons doen, nou, vandag. Ek het vir so lank baklei vir verlossing van my skuld en vir belonings, net om daardie belonings by ander te vat. Van vandag af is al wat ek wil doen om 'n beter ek te wees. Om die donker dieptes van my eie gedagtes te verken en om te leer om ten volle te lewe. Om balans te vind tussen my fisiese liggaam, my intellek en my gees. Ek wil help, ek wil 'n mag vir goed wees. Ek wil help want ek dink nie mense moet ly soos wat hulle doen nie. Daar is geen groter bedoeling as die kleinste goeie daad nie. Dit is wonderlik om die wereld te red, maar dit is beter om die wereld lief te he.

Monday, February 23, 2015

My Vagevuur

Dit is my vagevuur eintlik. Ete, drankies... Watookal. Stel nooit regtig soveel belang nie. Maar ek vang myself nogsteeds besig om haar te vertel hoe pragtog sy is... Want dit is waar. Alle vroue is... in die een of ander manier. Daar is altyd iets beeldskoon aan elke blerrie een van julle; Daar's 'n glimlag, 'n kurwe, 'n geheim... Julle dames is werklik die mees wonderlikste kreature... My lewe se werk. Maar dan is daar die volgende oggend. 'n Babelas en die besef dat ek nie heeltemal so beskikbaar is as wat ek die vorige aand gedink het nie. Dan's sy weg en by my spook die herinnering van nog 'n pad wat ek nie geneem het nie...