Friday, February 14, 2014

My Athena

Die vae dowwe lig van die vroë-oggendson
sif sagweg deur die gordyn voor jou deur,
wyl jou asem stewig-stadig
sagkens deur jou lippe skeur.
Die horlosie klik, klik teen jou kombuismuur
soos die sekondes te vinnig marseer
en my hart stukkies-breek
in die oomblik wat ek dit alles wil keer.

Jou lyfie lê styf in my arms
met laasnag se gebeure in my kop te lees
en ek weet in die diepste dele van my
dat ek presies gemaak is om hier te wees.
Die hartskeurende verhaal van my lewe
wat nog altyd swaar op my skouers rus,
my daagliks laat voel soos ou Atlas
is vir die oomblik, heeltotaal verlig.

Ek vryf met my vingers die patrone
oor die sagte rondings van jou vel,
en laat my toe vir die oomblik wat heers
dat ek kan glo jy kan my verlos van my hel.
In daardie vroeg-oggend oomblik
wyl jou lyf diepwarm vleg teenaan my
besef ek dat as ek net een ding kon vra,
dit sou wees dat dit net so kon bly.

Vir 'n oomblik in daardie gewaand,
met ons klere oral om ons gestrooi
met my hart en my siel so gelukkig
met jou in my arms, so mooi,
vra ek saggies die heelal hier om my
vir net een klein ding hierdie dag
vir my eie wys-godin Athena
om myne te wees, van nou af.

Tuesday, February 4, 2014

om middernag

en dit begin..
êrens om middernag,
of daar rond, toe ek myself verloor
vir 'n oomblik of twee...

en jy staan in die skemer lig,
daar speel 'n song op die radio,
die klavier 'n melankoliese klankbaan vir jou lag,
in die swart rok wat jy dra onthou ek,
ek het haar tog lank laas gesien...

en ek sien haar loer...
sy lag en sy dans en sy draai en sy maai,
hou haar drankie voor haar uit soos 'n skild.
Skielik stop tyd om my soos sy stop en vra hoe dit met my gaan.
die parfuum hang 'n wolk om haar
en ek onthou, haar nakend in my arms toegevou...

en so bars die damme in my hart,
en my emosies spoel oor die walle,
en al die herineringe stroom soos golwe in my kop
van die krul van ons lywe soos twee sirkels van 'n agt gevou
en ek voel hopeloos, en huisloos en verlore in die waas van die wyn

en sy loop uit
met iemand wat ek nie ken
maar sy maak seker ek sien haar, sy kyk regdeur my
soos sy by die deur uitlstap
die bloed begin te kook in my are en my maag draai in knope.
My vriende vra my wat makeer, "jy lyk of jy 'n spook gesien het"

en ek loop
onder die straatligte
te dronk om te besef hoe almal my agterna staar
ek gee nie om hoe ek lyk nie
die wêreld val om my uitmekaar...

ek moet haar sien
al weet ak dat dit my in die middel deur sal skeur
ek moet haar sien

Jy Is Sterk...

Ons vertel vir iemand dat hulle "sterk" is wanneer hulle pyn vir ons ongerieflik is en ons eerder wens dat hulle sal stilbly en ons nie daarmee pla nie. Om te sê "maar jy is sterk" is om vir iemand te sê "ek dink nie dat moet voel soos wat jy voel nie," en dit is nie 'n kompliment nie. Ek dink nie dat om sterk te wees jou onkwesbaar maak nie. Die valse geloof dat stilte en stoiisme inherente goeie eienskappe is, is hoe jy opeindig met 'n masker en 'n krieketkolf in 'n agterstraatjie erens besig om kriminele op te donder - dit is nie 'n goeie padjie na emosionele welstand daardie nie.

Wees hartseer, wees kwaad, laat jou hart breek - in die restaurant, op iemand se bank, in die park, oppad dieretuin toe, tydens ontbyt, oor drankies, in die sielkundige se kantoor, op die bus, waarookal dit breek, laat dit heeltemal oopval, laat dit by jou uitstroom en afstroom en uitsprei in 'n klam poel by jou voete. Sê, "Ek is jammer, ek kan nie vandag na jou luister nie, my hart is stukkend, sit asseblief by my en laat my toe om jou daarvan te vertel." Sê, "Ek kan nie vandag na jou omsien nie maar jy kan so bietjie na my omsien, en dalk more sal ek weer na jou omsien en ons kan so uitruil vir 'n rukkie."

Sê, "Ek is lief vir jou en ek is gek daaroor dat jy dink dat ek sterk is, maar ek voel nie vandag lus om sterk te wees nie, ek voel lus om kwaad en mal en hartseer te wees. Kan ons na die flieks toe gaan of net heir sit in stilte of loop of praat daaroor of nie daaroor praat nie?" Jou vriende gaan dalk bang raak as jy hierdie doen, as jy, die "sterk" ene kan breek, wat betken dit vir hulle? Dit is hoekom hulle terugstoot teen jou en jou probeer herinner aan jou "sterkwees" wanneer wat jy regtig kort is vir hulle om by jou te staan in jou pyn en jou swakheid. Hulle hoef nie die pein op te los nie, hulle moet net getuienis wees van jou pyn. Miskien weet hulle nie hoe om dit te doen nie - baie mense weet nie wat om te doen wanneer hulle gekonfronteer word met iemand anders se pyn nie. Hulle wil dit regmaak en wanneer hulle dit nie kan regmaak nie voel hulle onvoldoende. As die "sterk" een kan jy hulle help deur om net te sê "Jy hoef dit nie reg te maak nie. Jy hoef niks te doen nie. Wees net by my en luister en hê my lief en ek sal jou terug liefhê. Dit is al wat ek nodig het, om te weet dat jy my liefhet, al is ek hartseer en bang en al weet ek nie wat om volgende te doen nie."