Thursday, January 16, 2014

Liefste Spatzi

Soos ek kyk na die sterre
en ek wonder waar jy is
stap-stap deur die donker
deur die grys ou mis
ek hoor jou roepstem
eggo uit die krans
o, ek mis jou
jou lyf wat in my drome dans

liefste spatzi
met jou hart so klein
waar in die wereld
het jy verdwyn
het daar iets gebeur
waarvan ek moet weet
het daar iets gebeur
waarvan ek liewer moet vergeet

daar was sneeu gewees
dit was koud en nat
kouer as die suide
van my boerehart
ons liefde het geskyn
soos 'n vurk in die pad
terwyl die duiwel op my skouer
my steek-steek tart

Monday, January 13, 2014

Pyn

Ek sny myself vanaand om te sien of ek kan voel,
ek fokus op die pyn, die alleen-waarheid hier.
Die lem skeer 'n gat, die ou bekende pyn
om alles weg te neem, maar ek onthou dit al's.

Wat het ek geword, hoe het dit gebeur?
Almal wat ek ken gaan aan en aan net weg!
Jy kon dit alles hê, my koningkryk van stof!
Ek stel jou net teleur, ek maak jou altyd seer.

Ek dra my kroon van niks bo-op my leuenaarstroon,
vol gebroke idees wat niemand kan herstel.
Onder tyd se waak verdwyn alles wat ek voel.
Jy is iemand anders en ek is steeds net hier.

As ek oor kon begin, miljoen myle weg van hier
sou ek myself steeds hou, ek sou 'n manier vind.
My selfverwyt verdiend, my pyn my eie muur.
Ek wens jy was nog hier, ek wens soms ek was ook.

Friday, January 10, 2014

Se net iets

Sê net iets, ek gee nou op, op jou.
Ek sou die een wees as jy net wou,
sou jou volg orals waar jy sou gaan.
Sê net iets want ek gee nou op, op jou
en ek voel nou so klein, dit was al's oor my kop
en ek weet nou eers hoe min ek werklik weet.
ek sal struikel en val want ek leer nou hoe liefde werk,
soos 'n tenger jong baba leer ek nou eers hoe om te kruip.

Sê nou iets voor ek net opgee op jou.
Ek's jammer ek het probeer deurdring na jou,
ek sou jou volg orals waar jy sou gaan.
Sê net iets want ek gee nou op, op jou
en ek sluk nou my trots, jy's die enigste een vir my
en nou moet ek groet, ek moet gaan,
met een laaste kyk, weet ek dat jy altyd sal bly,
in my hart en my siel, in my diepste honger dors.