Friday, June 21, 2013

Sy

Nog voordat ek haar eers ontmoet het, het ek reeds die kleur van haar oë, die reuk van haar parfuum en die manier wat die son deur haar hare speel gememoriseer. Ek onthou die eerste keer wat ek aan haar gevat het, my vingers het perongeluk oor haar hand gestreël soos ek my aansteker vir haar gegee het en sy het vir my gekyk. Nie net 'n vlugtige kyk nie, maar reguit deur my gekyk tot in die kern van my menswees. In daardie oomblik het ek geweet sy gaan myne wees, of, as ek nou terugkyk, ek hare. Dit was lank terug al gewees, ek is nou ouer en ek weet nie waar sy haarself nou bevind nie. Eendag hoop ek vir nog so 'n engel om my asem weg te slaan in 'n soortgelyke, onskulige, flietende oomblik.