Wednesday, August 3, 2011

Selfverdriet verdien...

--Ek het oorspronklik hierdie stuk herroep omdat iemand dit versoek het, onlangse ontwikkelinge het my daardie besluit laat heroorweeg, asook om sekere dele te herverwerk om 'n meer dramatiese effek te bied in die konteks van die gebeurtelikheid wat beskryf word en die daaruitspruitende karakterontwikkeling--

Ek stap by die kantoor uit, elke deel van my skree van verlange na die nodige, ontspannende effek van alkohol op hierdie Vrydag-aand. In die verbygaan skree ek vir Ernst dat ek hom sal kry by Amazon's vanaand vir 'n drankie of dertig, beide van ons met swaar weke agter die rug en die besef dat ons net wil vergeet van alles en almal en onsself wil verloor in die drank en kameradery van 'n Vrydag-aand payday in hierdie myndorp.
Terwyl ons die planne bespreek en finaliseer lui my foon.
Ek gly die foon uit my sak uit en sien dat dit Kylie is. Ek antwoord die foon:
"Hey pretty lady."
"Ek is sexy, my ou is weg vir die naweek en ek soek iets om te doen vanaand?"
"Waar kry ek jou?"
"Jou plek, waar bly jy nou?"
Nadat ek die gesprek afegelui het maak ek 'n flou verskoning met Ernst en besef dat ek geen idee het hoekom nie, maar ek het die begeerte om hierdie vrou vanaand alleen te sien. Dalk is dit die selfsugtigheid in my, dalk die wete dat ek al vir hierdie geleentheid wag vir enkele maande of dalk is dit die wete van dit waarna haar woorde gespeel het...
By my huis gekom spring ek deur die stort en trek my aan vir 'n aand uit. Ek het geen idee hoekom nie, hierdie gevoel is heeltemal vreemd en onbepland, maar ek het die diep begeerte om die aand met haar en haar alleen te spandeer. Sy bel om te laat weet dat sy by die hek is en ek gaan uit om vir haar die hek oop te maak. Toe sy binnekom en die half uitgepakte bokse op die vloer sien noem sy dat ek ook nooit ophou trek nie, haar gesig in 'n speelse glimlag wat my laat glimlag in antwoord.
Ek trek gou klaar aan en ek vra haar of sy met haar kar, my kar of die bike wil ry? Haar antwoord verbaas my; "Kom ons vat die fiets"
Ons stap in by Amazon's, reguit na die kroeg toe. Sy bestel twee Hunter's, en ek vergesel haar na 'n tafel toe. Nadat ons daar kom los ek die helmets en baadjies op die tafel en stap terug na die kroeg toe. Ek bestel vir myeslf 'n trippel Jack Daniels straight, vier Cuervo Black Medallion tequilas en vier karamel Vodkas saam met my Red Square Silver. Toe ek die skinkbord op ons tafel neersit hoor ek die protes in haar stem; "Tequila en Vodka? Try jy my uit my klere uit kry?"
Ons kuier en wees gesellig. Ons geniet die drank en geniet die sigarrette en geniet die geselskap en gebrek aan inhibisie wat ons geniet in mekaar se nabyheid. Nadat ons drank klaar is besef ons dat ons sigarette klaar geraak het in die ongeorganiseerde warboel van die aand se geslligheid. Ons besluit om te ry Sideline toe en sommer daar sigarette te kry. Nadat ons die sigarette gekry het en by die klub instap beweeg ons reguit na die cocktail bar toe waar ek vir ons elkeen 'n liquid coccaine bestel. Sy noem dat sy dit mis om sterre te kyk. Ek kry die valhelms en baadjies by die deurwag en kry haar by die fiets. Ons ry uit op die Loskoppad na die vliegveld toe waar ek die fiets parkeer voor een van die Hangers en ons stap uit in die taxi pad na waar die hangers eindig. Ons gaan soek 'n plekkie in die lang gras waar ons die valhelms as stoele gebruik en sit en praat en rook en toelaat dat die wêreld om ons vloei terwyl ons verdwaal in mekaar se lewensverhale en sien hoe die vlamme van die aankomende veldbrand stadig aan onder beheer gebring word deur die brandweer. Ons kyk op na die oop hoëveld wintersnag en sien die helderheid van die sterre in die hemel. Nadat die koue ons oortuig om eerder elders voort te gesels besluit ons om maar terug te keer na die dorp toe, en sommer by Pavillion te stop vir 'n drink en 'n pool game.
Daar aangekom is die oorsaak vir die plek se reputasie onmiddelik duidelik. Ons drink nog 'n drankie en gaan dan maar terug na my huis toe. Daar gekom wil sy die musiek video sien wat ek haar vroeër gewys het en ek sit dit aan op my rekenaar. Sy staan voor my en sê: "Jy mag nie vat nie."
Sy begin ritmies haar lyf beweeg, haar klere stuk vir stuk uittrek voor my oë, stadigaan word die wulpse en onverwags sexy liggaam aan my ontbloot en ek veg met bomenslike mag om nie in te gee nie, nie te vat nie, nie oor te gee aan die honger van maande se alleenheid wat in my saamswel en opsweep nie. Sy neem my hand en speel dit oor haar vel en in daardie oomblik gee ek my oor aan die wellus, die opgehoopte frustrasie en spanning gee weg en ek verloor myself in haar lyf, in haar oë, in die sagte, soet warmte van haar mond. Ek soen haar, begin myself uittrek. My hande bewe reeds van die afwagting en ek vervloek my swakheid soos ek gereed maak om haar te neem. Sy stop my en kyk my in die oë en sê vir my in 'n stem met meer verleidelikheid en rou, naakte sensualiteit as wat ek al ooit gehoor het: "Take me..." sy sug hard, diep, "...like the whore..." nog 'n sug, "...that I am!". Die tergende uitdrukking op haar gesig, wetende dat sy sopas reggekry het wat baie min vrouens al ooit reggekry het...
In daardie oomblik neem ek die lyf wat sy voor my hou vir myself, neem haar in my arms, vou haar bene om my en gaan haar binne. Die feit dat ek weet dat sy aan 'n ander man behoort bied geen weerstand aan my aksies nie. Al die elemente van my menswees en die reëls wat ek so sorgvuldig gebou het, die mure wat ek om myself opgerig het vergete. Ek verloor my in die oomblik en ek drink soos 'n man wat weke in die woestyn gedwaal het van die vat water voor my. Die minute swem verby my, berby ons soos wat ek selfsugtig neem wat voor my is, vat wat aan iemand anders behoort, en geen morele objeksie toelaat om te seevier nie.
In daardie oomblike, in 'n tyd van net so bietjie meer as 'n uur het ek ingegee. Opgegee en erkenning gegee aan die deel van my wat al maande lank begeer en smag na die dominansie en neem van haar. 'n Blatante aanval op 'n tergende stelling wat sy gemaak het maande gelede; "Ek sal nooit met jou slaap nie."
En dit was... Pateties
 Die seks self was nie noodwendig noemenswaardig nie, die gebrek aan dieper emosionele konneksie 'n verdere refleksie op die manier waarin ek myself weereens verraai het, die selfverdriet, swaar en bitter in my, soos die wete dat daar nie genoeg drank in my huis gaan wees om hierdie nuutste mislukking van self te verdrink nie.

No comments: