Thursday, November 10, 2011

Verkragting van die siel

Die absurditeit van die alleenheid, die doellose dwaal van ellende en die valse maskers van verduistering en verwarring om die verbeelde veiand veilig buite bereik te hou het reeds so verstrengeld deel van die self geword dat die verwronge mispersepsies onherroeplik realitiet is. Deur magtelose pogings tot redding, daadwerklik sonder nut of vooruitsig van sukses probeer jy tragies die werklikheid ontken en die onmoontlike bewerkstellig. Die onafskeibare mengelmoes van mislukking en verdriet wat die totaliteit van my menswees omskryf kan nie gered word nie, dalk dan eerder wil nie. Totale banktrotskap van wilskrag na die laaste groot oplewing, die uiteindelike aanvaarding van die onvermeidelike, die eersdaagse hinkering na meer nie meer ter sprake nie en die totale ineenstorting van hoop wat dien as die simptome van die siekte. Die siekte bloot-eenvoudig verkragting van die siel.

Wednesday, August 3, 2011

Selfverdriet verdien...

--Ek het oorspronklik hierdie stuk herroep omdat iemand dit versoek het, onlangse ontwikkelinge het my daardie besluit laat heroorweeg, asook om sekere dele te herverwerk om 'n meer dramatiese effek te bied in die konteks van die gebeurtelikheid wat beskryf word en die daaruitspruitende karakterontwikkeling--

Ek stap by die kantoor uit, elke deel van my skree van verlange na die nodige, ontspannende effek van alkohol op hierdie Vrydag-aand. In die verbygaan skree ek vir Ernst dat ek hom sal kry by Amazon's vanaand vir 'n drankie of dertig, beide van ons met swaar weke agter die rug en die besef dat ons net wil vergeet van alles en almal en onsself wil verloor in die drank en kameradery van 'n Vrydag-aand payday in hierdie myndorp.
Terwyl ons die planne bespreek en finaliseer lui my foon.
Ek gly die foon uit my sak uit en sien dat dit Kylie is. Ek antwoord die foon:
"Hey pretty lady."
"Ek is sexy, my ou is weg vir die naweek en ek soek iets om te doen vanaand?"
"Waar kry ek jou?"
"Jou plek, waar bly jy nou?"
Nadat ek die gesprek afegelui het maak ek 'n flou verskoning met Ernst en besef dat ek geen idee het hoekom nie, maar ek het die begeerte om hierdie vrou vanaand alleen te sien. Dalk is dit die selfsugtigheid in my, dalk die wete dat ek al vir hierdie geleentheid wag vir enkele maande of dalk is dit die wete van dit waarna haar woorde gespeel het...
By my huis gekom spring ek deur die stort en trek my aan vir 'n aand uit. Ek het geen idee hoekom nie, hierdie gevoel is heeltemal vreemd en onbepland, maar ek het die diep begeerte om die aand met haar en haar alleen te spandeer. Sy bel om te laat weet dat sy by die hek is en ek gaan uit om vir haar die hek oop te maak. Toe sy binnekom en die half uitgepakte bokse op die vloer sien noem sy dat ek ook nooit ophou trek nie, haar gesig in 'n speelse glimlag wat my laat glimlag in antwoord.
Ek trek gou klaar aan en ek vra haar of sy met haar kar, my kar of die bike wil ry? Haar antwoord verbaas my; "Kom ons vat die fiets"
Ons stap in by Amazon's, reguit na die kroeg toe. Sy bestel twee Hunter's, en ek vergesel haar na 'n tafel toe. Nadat ons daar kom los ek die helmets en baadjies op die tafel en stap terug na die kroeg toe. Ek bestel vir myeslf 'n trippel Jack Daniels straight, vier Cuervo Black Medallion tequilas en vier karamel Vodkas saam met my Red Square Silver. Toe ek die skinkbord op ons tafel neersit hoor ek die protes in haar stem; "Tequila en Vodka? Try jy my uit my klere uit kry?"
Ons kuier en wees gesellig. Ons geniet die drank en geniet die sigarrette en geniet die geselskap en gebrek aan inhibisie wat ons geniet in mekaar se nabyheid. Nadat ons drank klaar is besef ons dat ons sigarette klaar geraak het in die ongeorganiseerde warboel van die aand se geslligheid. Ons besluit om te ry Sideline toe en sommer daar sigarette te kry. Nadat ons die sigarette gekry het en by die klub instap beweeg ons reguit na die cocktail bar toe waar ek vir ons elkeen 'n liquid coccaine bestel. Sy noem dat sy dit mis om sterre te kyk. Ek kry die valhelms en baadjies by die deurwag en kry haar by die fiets. Ons ry uit op die Loskoppad na die vliegveld toe waar ek die fiets parkeer voor een van die Hangers en ons stap uit in die taxi pad na waar die hangers eindig. Ons gaan soek 'n plekkie in die lang gras waar ons die valhelms as stoele gebruik en sit en praat en rook en toelaat dat die wêreld om ons vloei terwyl ons verdwaal in mekaar se lewensverhale en sien hoe die vlamme van die aankomende veldbrand stadig aan onder beheer gebring word deur die brandweer. Ons kyk op na die oop hoëveld wintersnag en sien die helderheid van die sterre in die hemel. Nadat die koue ons oortuig om eerder elders voort te gesels besluit ons om maar terug te keer na die dorp toe, en sommer by Pavillion te stop vir 'n drink en 'n pool game.
Daar aangekom is die oorsaak vir die plek se reputasie onmiddelik duidelik. Ons drink nog 'n drankie en gaan dan maar terug na my huis toe. Daar gekom wil sy die musiek video sien wat ek haar vroeër gewys het en ek sit dit aan op my rekenaar. Sy staan voor my en sê: "Jy mag nie vat nie."
Sy begin ritmies haar lyf beweeg, haar klere stuk vir stuk uittrek voor my oë, stadigaan word die wulpse en onverwags sexy liggaam aan my ontbloot en ek veg met bomenslike mag om nie in te gee nie, nie te vat nie, nie oor te gee aan die honger van maande se alleenheid wat in my saamswel en opsweep nie. Sy neem my hand en speel dit oor haar vel en in daardie oomblik gee ek my oor aan die wellus, die opgehoopte frustrasie en spanning gee weg en ek verloor myself in haar lyf, in haar oë, in die sagte, soet warmte van haar mond. Ek soen haar, begin myself uittrek. My hande bewe reeds van die afwagting en ek vervloek my swakheid soos ek gereed maak om haar te neem. Sy stop my en kyk my in die oë en sê vir my in 'n stem met meer verleidelikheid en rou, naakte sensualiteit as wat ek al ooit gehoor het: "Take me..." sy sug hard, diep, "...like the whore..." nog 'n sug, "...that I am!". Die tergende uitdrukking op haar gesig, wetende dat sy sopas reggekry het wat baie min vrouens al ooit reggekry het...
In daardie oomblik neem ek die lyf wat sy voor my hou vir myself, neem haar in my arms, vou haar bene om my en gaan haar binne. Die feit dat ek weet dat sy aan 'n ander man behoort bied geen weerstand aan my aksies nie. Al die elemente van my menswees en die reëls wat ek so sorgvuldig gebou het, die mure wat ek om myself opgerig het vergete. Ek verloor my in die oomblik en ek drink soos 'n man wat weke in die woestyn gedwaal het van die vat water voor my. Die minute swem verby my, berby ons soos wat ek selfsugtig neem wat voor my is, vat wat aan iemand anders behoort, en geen morele objeksie toelaat om te seevier nie.
In daardie oomblike, in 'n tyd van net so bietjie meer as 'n uur het ek ingegee. Opgegee en erkenning gegee aan die deel van my wat al maande lank begeer en smag na die dominansie en neem van haar. 'n Blatante aanval op 'n tergende stelling wat sy gemaak het maande gelede; "Ek sal nooit met jou slaap nie."
En dit was... Pateties
 Die seks self was nie noodwendig noemenswaardig nie, die gebrek aan dieper emosionele konneksie 'n verdere refleksie op die manier waarin ek myself weereens verraai het, die selfverdriet, swaar en bitter in my, soos die wete dat daar nie genoeg drank in my huis gaan wees om hierdie nuutste mislukking van self te verdrink nie.

Friday, May 27, 2011

Soggens

--Oorspronklik bedoel as 'n slothoofstuk, het ek besef dat die karakterontwikkeling wat nodig is om die protagonis af te rond nie kan eindig met die verlange wat ek as mens nie meer voel nie--


Vanaand weer, soos elke ander aand sedert ek en Lizbeth terug is van Tanzanië af, spook jy weer in my drome. Nie meer soos vroeër, dieselfde een droom se repetisie nie, maar in verskeie skakerings en variasies op temas, allerlei willekeurige fantasië waarin jy  voortdurend die enigste konstante bly... 
Na afloop van elke droom skrik ek weer wakker en voel die hol leëmte binne in myself opdruk en uitborrel. 
Al besef ek dat dit net 'n droom was, wil ek alles in my verruil om dit werklikheid te maak...
Sonder afwyking herroep dit binne in my die diep, bittere verlange na jou. Tydens hierdie oomblike, soos ek luister na die hane se gekraai en die ganse se lawaai en uikyk oor die landskap, met die gloeiende rooi koolkie op my sigaret as my enigste metgesel in die droewe donkerte van die swart-vroeë-oggendure, word ek flitsig gevul met die verlange na die aande, nie so lank terug nie, toe ek nog kon drink om die drome van jou te vermy. 
Elke oggend, na die vyfde of selfs sesde iterasie van die proses, in daardie oomblikke wat die son in die skakering wat jy eens aan my as "Pampoenpienk" beskryf het, haar gesig oor die rand van die rollende heuwels wat my uitsig is begin uitlig, besef ek dat hierdie wel tog 'n vorm van vordering is. 
Dat elke dag, nog 'n dag is, nog 'n geleentheid is om die stryd voort te voer. 
Dat ek nooit sal of kan of wil ophou hoop nie en dat ek nie sal opgee nie. 
Nie vir so lank as wat ek nog lewe nie... 
Ek skiet die stompie van my hoeveelste sigaret by die balkon af en vat 'n diep teug van die bitter-koue vroeg-oggend lug in my longe in, stap my woonstel binne en maak reg vir hierdie "nog 'n dag" met net een gedagte in my hart; Ek bly onherroeplik lief vir jou; nou en vir altyd...

Thursday, May 19, 2011

Bloed

Die hartseer realiteit van die lewe waarin ek myself onherroeplik vasgekeer vind, is dit; ek is moeg. Moeg vir almal se kinderlike probleme, die irritasies in hull sinnelose lewens wat hulle op my probeer afwerp. Is dit iets in die ervaring in my oë wat mense gerusstel om met my te deel wat hulle voel en dink en wat aangaan in hul lewens?
Lyk ek betroubaar?
Dink hulle ek kan help?
Fok, as hulle net geweet het.
Hulle oppervlakkige "probleme" weeg nie naastenby op teen dit wat in my lewe aangaan nie. Die werklikheid van die mislukking wat ek is, soveel groter, so onmeetbaar massief dat enige iets wat hulle het, nie eers voel soos 'n sandkorrel teen die berg daarvan nie.Die diepte van dit alles, die werklikheid van wat ek gedoen het, wat ek voel en ervaar borrel soms oor en op die kookpunt doen ek die een ding wat ek weet dat ek kan doen sonder om uitgesonder te word of onderwerp word aan sielkundige behandeling. Ek hou dit in, begrawe dit en wys niks. En dan sien mense dat ek terugtrokke en moeg lyk. Hulle dink dat hulle weet wat aangaan maar het eintlik geen idee nie. Die vae idee dat dit 'n liefdesteleurstelling is wat so swaar op my gemoed rus is juis die illusie wat ek kweek, aanhuts en brandstof gee, want solank as wat mense dink dat dit al is, gaan hulle nie krap nie.
My sien as 'n swakkeling dalk, maar hulle sal nie weet nie. Hulle kan nie weet nie.
Die verlies van "Die Een" weeg swaar teen die baklei van my voortbestaan, maar dit is nie die enigste nie. Die tyd saam met haar was meer as net 'n liefdesverhouding sonder vergelyking. Dit was die eerste keer in 'n baie lang tyd wat ek nie elke oomblik van elke dag, elke liewe fokken dag, moes ervaar hoe die gesigte, en mense uit my vorige lewe by my spook nie. Die herinneringe van soveel lewens wat ek geneem het, die dode wat ek veroorsaak het. En die bloed...
Al die fokken bloed...

Saturday, May 7, 2011

Die Vlug

Die monotoniese gedreun van die vier Allison T56-A-15 turboprop enjins op die vlerke van die Lockheed C130 Hercules vragvliegtuig verskaf geen afleiding van die koue binne die bykans leë buik van die militêre vliegtuig nie.
Die weervoorspelling was toe reg, ek voel hoe die rukwinde die vliegtuig laat stuier en spring, hop en val. Sien die reëndruppels saamswel en teruggly teen die glas van die klein ronde poortvensters. Dit herroep 'n herinnering van diep in my geheue, van 'n aand 'n leeftyd gelede. 'n Leeftyd gelede maar net 5 maande in die telling van diè wat nie van beter weet nie;
Die staptog winkel toe in die aand, die lukrake, onbeplande willekeurige stop by die Dros vir 'n whiskey. Die Dros waar ons die tyd omgepraat het en misgedrink het. Vlak vae gesprekke oor 'n moontlike toekoms vir ons twee saam. Die tipiese gesprekke van soveel verliefde paartjies op soveel plekke wat so dikwels plaasvind op hierdie planeet. Maar, tog, anders. Ek was besig om te vinnig te diep te val vir hierdie vrou, maar dit was net sulke aangename, vredelike gevoel dat ek nie bereid was om die moontlike gevaar vir myself raak te sien nie. Toe ons uiteindelik die rekening vereffen en uitstap het ons ontdek dat dit begin reën het in die tyd wat ons daarbinne gesit het. So 'n ligte stadsreën en die parkeerterrein was leeg. Die garage wat net aan die anderkant van die oop, geteerde parkeerarea van die winkelsentrum wag, die ligte aan. Bereikbaar. Ons besluit om deur die reën te hardloop en haal die hek, klouter soos mal kinders onderdeur en rits oor die straat na die garage toe.
Die nuutste uitgawe van PC Format het nog my aandag gevang, en gelei tot 'n vlugtige bespreking van die veld. Die vet bonusse in ons sakke brand, en ons koop allerlei lekkergoed, insluitende 'n pienk en blou flitslig lekkertjie wat 'n sterretjie of 'n hartjie met 'n glimlag daarop teen die gekose oppervlak sou projekteer met die druk van 'n knoppie. 'n Bloue vir my en 'n pienke vir haar. Sinnelose kinderspeelgoed wat ons toe in elk geval later geruil het sodat sy tog nie 'n pienk item moes besit nie. In die natuur van die romantikus wat ek besig was om te herontdek binne myself, loop-hardloop-trippel ons deur die reën deur terug na my ouers se huis toe. Die huis waar ek grootgeword het. Ons het seker soos twee versleë straatkatte gelyk toe ons watersopnat en heeltemal deurweek die voordeurklokkie lui en, soos te siene in my ma se uitdrukking toe sy die deur oopmaak, het ons heel kens voorgekom. Sy het nog eers die kamera gaan haal om 'n foto te neem alvorens sy die hek wou oopsluit.
Die mees aangename herinnering wat ek nog ooit gekoppel het aan reën.
Ek kyk oor die vragruim na waar Lizbeth lê in haar slaapsak, ek sien dat sy ook nie aan die slaap kan raak nie. En steek maar 'n sigaret aan. Die spanning en angs is duidelik sigbaar in die manier wat sy sit-lê en haar eie sigaret rook. Die spanning en afwagting van iemand wat nog nooit tevore deelgeneem het aan so 'n operasie nie. Vir die honderste maal vra ek myself of ek seker is dat sy wel die regte keuse was vir hierdie sending. Sy wat nog nooit enige militêre opleiding gehad het nie. Die twyfel eet steeds soos 'n ongerekende honger aan my, maar ek kon niemand beters kies nie. Sy is 'n doodskoot met 'n geweer, en die enkel mees betroubare persoon in my lewe. Daar is egter die ander saak ook, sedert sy teruggekom het van Lenette af twee dae gelede is iets anders in haar. Ek kan dit nog nie peil nie, maar sou blind gewees het om dit nie raak te sien nie. Seker maar net die realiteit van dit wat ons vanaand gaan doen. Hoeveel keer het ek al mense gesien op hulde eerste sending, skrikkerig, onsekerheid sigbaar in hul jong gesigte. Ek het self ook so gelyk eens op 'n tyd, baie lank gelede.
Soos wat ek uiteindelik die stompie doodmaak kyk ek na die horlosie wat ek dra, voel snaaks om weer 'n horlosie aan te hê. Die MTM Black Patriot horlosie voel soos 'n onwelkome bedreiging en 'n dooie gewig op my arm. Ek weet dit is net my verbeelding, die horlosie is spesiaal ontwerp vir diè tipe werk, weeg niks en is bykans onbreekbaar. Ek kyk weer, vir die soveelste keer hierdie aand na die tyd, dit is net na tien-uur in Suid Afrika, dus, net na elf-uur in Tanzanië. Amper tyd, ons is al ses-ure in die lug sedert ons uit Middelburg uit opgestyg het. Dit beteken ons behoort oor so 'n uur oor die drop site te wees, net buite Ilula. Ek herinner myself aan die simpel rituele wat die Recces altyd op sulke sendings gehad het. "Lucky Underpants", haaspote, die vryf van 'n hangertjie in die hande, die lees van 'n bybel. Maar net deel van die leefstyl. Ek het nooit staatgemaak op enige sulke lawwe dinge nie. My enigste ritueel was altyd die visualisering van die sukses, die wete dat elke gewonne sending sou lei tot nog 'n bevordering, nog 'n medalje, hoër in die range.
Hier sit ek, op die rand van die volgende groot avontuur en my gedagtes haak vas by Haar. Simpel, onnodig en heeltemal belaglik, maar ek stuur steeds 'n skietgebed op; Beskerm Haar, niks meer nie.
"Hey Grimm, jy gereed om te spring?"
Soos wat sy terugkeer uit haar persoonlike wêreld en haar oë fokus op my tref die werklikheid van hoe opreg pragtig sy is my, heel onverwags. As dinge maar net anders was, sou ek en sy nogal goed kon saam aard. Ons persoonlikhede mesh goed, ons belangstellinge ook. Hoe belaglik is dit nie dat ek romantiese gevoelens begin ontwikkel vir my beste vriend... Wat gay is... Tipies van myself.
"Ja, dude. Are we there yet?", in die trekkerige, speels irriterende stem wat kinders altyd gebruik op lang motorreiste.
"Minder as 'n uur, die loods sal ons nou enige oomblik kom laat weet sodat ons kan kit, is jy seker jou vuurwapens is gereed? Finale equipment check moet maar nou wees, daar gaan nie weer tyd wees nie."
Sy begin om haar toerusting na te gaan, maak weer seker dat alles daar is, die ammunisie, die noodhulptoerusting, die radios ens. Toets die sluitaksie op die CZ.88 pistool wat ek vir haar gegee het, sloot die magasyn terug en sit dit in die holster op haar taktiese badjie. Sy begin die M40A1 geweer na te gaan, loer af deur die teleskoop. So natuurlik, asof sy al vir jare lank met vuurwapens werk. Baie moeilik om te glo dat ek in net drie weke haar opgelei het om met die militêre graad geweer te werk. Haar vorige ervaring beperk tot .22 kaliber sportgewere op skool.
In die relatiewe stilte, nie dat die gedreun van die enjins ooit as stilte kan beskou word nie, begin ek maar self my eie wapens nagaan, die geoeffende aksie bied 'n afleiding, 'n skeiding van die werklikheid van wat ons nou gaan doen. Hmmm, toe het ek 'n ritueel...

Wednesday, May 4, 2011

Opstaantyd

Die wekker gaan af, weer, soos elke ander oggend, te vroeg... te laat... nie dat dit saakmaak nie, ek het in elk geval nie geslaap nie, net soos elke ander oggend. Ek gryp blindelings na die foon op my bedkassie en stamp die leë whiskey bottel om. Sal vandag nog 'n bottel moet gaan koop. Hoe ek verlang na die aande wat die whiskey nog gewerk het. Wel, kan maar net sowel opstaan en regmaak vir nog 'n dag in die voortdurende voorigewing van my lewe.
Ek lê teen die muur van die stort en die stoom rys van my lyf af soos die water in dun stroompies teen my vel afloop. My kop rustend op my arms, vervul met 'n diep hoop dat die water die vuil van die wêreld van my kan afwas, die vuil van myself, die gemors wat ek is. Ek onthou dat iemand my eenmaal vertel het hoe sy beter voel wanneer sy haarself onder die stort uithuil, huil en snik en kerm tot al die warm water op is, sodat al die trane, die seer en hartseer emosies in die drein afspoel... Dit het so melodramaties geklink, maar hoe smag ek nou daarna, die vermoë om uiting te gee aan al die pyn en haat en hartseer binne my op so 'n eenvoudige en natuurlike manier. Hoe die moer het ek hier gekom? Hoe het die onmeetbare, onduidelike paadjies van die lewe my by hierdie plek gebring? Hoe het dit vir my onmoontlik geword om selfs net te kan huil?
Soos wat ek die krane van die stort toedraai en die handoek van die deur af lig om myself af te droog kom ek voor die spieël tot stilstand...
Wat ek daar sien laat my 'n oomblik huiwer. Die swart sirkels onder die oë, die styf, spanning van die vel oor ribbes, die akute, patetiese hangende skouers, die algehele gebrek aan dit wat mens, mensmaak. Kan dit daadwerklik wees hoe ek lyk? Die beeld in die spieël is dié van 'n moë man, 'n man wat nie nog 'n dag kan aangaan nie, 'n man wat op die rand van die afgrond staan.
Dit is tog wat ek is, wie ek is, die man op die rand van die afgrond. Getreiter deur die soet aanloklikheid van spring, val, vrywees wat in engele stemme na my roep... Wat die franse noem "L’appel du vide".
Dan val my oë op die tatoërmerk op my ribbes... Die hebreuse skrif met die woorde wat eens so baie betekenis gehad het; Psalm 23, "Die Here is my herder...", die betekenis verlore in die jare sedert ek dit laat doen het, die waarde nou vir my nutteloos. Die langdurende twis met God nog lank nie verby nie, en ek, onbereidwillig om verder te baklei, die las wat ek dra, net nog 'n deel van die onaangenaamheid, net nog 'n bewys van hoe sleg ek werklik is. Net nog 'n herinnering van die totale mislukking wat ek van alles gemaak het.
Na 'n bewustelike besluit om nie verder te dwaal nie sien ek die drie-dag baard op my gesig en besluit ek maar om dalk eerder te skeer voordat ek kantoor toe gaan. Soos wat die elektriese skeermes gly oor my gesig in die dans van soveel manne in soveel badkamers op aarde elke oggend in die onaardse maniere wat ons, ons gesigte trek sodat die honger lemme van die skeermes kan gryp en sny en die hare van ons manswees verslind vind ek 'n tipe vrede in die herinnering van die roetine, iets om aan vas te klou, 'n bewys dat ek darrem nog lewe, as mens dit lewe kan noem.
In daardie vae tussen-in gevoel, half wakker, half dwaelend, besef ek dat dit nou reeds drie dae is sedert ek laas geslaap het. Hierdie gemors met die verdwyning begin aan my eet. Hoekom kry ek nie direkte antwoorde by die mense nie? Hoekom dans die beurokrate so om my vrae? Hoekom wil my kontakte by SANAI nie terugkom na my toe nie? En dan, die regte vraag; hoekom het Lenette my gebel? Van al die mense op hierdie fokken planeet, hoekom moes sy hierdie lank terug begraafde kak weer binne my kom oopkrap. En oor Hom, jissis... Oor Hom. Hoekom moes die mal moer gaan soek na sy fortuin by hierdie mense. Hoekom het ek nie genoeg opgelet om hom te waarsku nie, omgegee nie? En wat nou? Laat ek dit gaan dan is sy bloed op my hande... nog bloed... nie weer nie... Ek het uit daardie speletjie uitgekom en nou, oor 'n fucked up eks se fucked up kak keer al die herrineringe terug. Jare se harde werk, begrawe, drank, dwelms, haat vir myself en meer as dit, haat vir die regering wat dit alles veroorsaak het.
Ek spoel die wasbak uit, ek lyk darrem aansienlik beter. Die fok weet, maar ek sal seker maar moet probeer. Nog een kans, een oproep om te maak. So aanloklik soos wat dit klink om die ding net te los, net sy stille dood te laat sterf en vir haar te sê ek kon hom nie kry nie, is daar geen kans wat ek vir haar sal lieg nie. Die kinders kort hul pa. Dit fokken juis hoekom sy met hom getrou het, nie met my getrou het nie.
"Fok..."
Nog voordat ek besef die besluit is gemaak moer ek my vuis stukkend teen die badkamermuur.
"FOK!!!"

Friday, April 15, 2011

Die Keerpunt - 'n Refleksie

Ek maak die besluit, in daardie oomblik weet ek, hierdie is nie wat ek wil hê nie. So wil ek nie lewe nie, Hilton Neale het eenmaal gesê; "Imagine a world, a world where every breath is pain, because it meant he was living a second longer in a world where she didn't exist". In hierdie oomblik wil ek dit wysig, aanpas om in te val by my eie ervaring. Wat as sy steeds voortbestaan, en dit wat jou van haar weerhou, is 'n onsigbare, onoorwinbare muur? Die besef dat sy bestaan ten spyte van jou inherente onvermoëe om met haar te kan wees is dan juis 'n duisend maal erger.
Met hierdie besef gepaard sien ek die rooi  agthoek van die aankomende stop straat. My besluit is reeds gemaak en ek knip die veiligheidsgordel los. Nou is die oomblik wat die pyn stop. Die pyn wat Hilton Neale beskryf, die pyn van die verlies van "Die Een", daardie vrou, die vrou wat my gelyktydig gered en verdoem het. Die liefe van my lewe. Ek druk die rathefboom terug na derde rat toe, oeffen egalige druk uit op die versneller soos ek die koppelaar laat spring en die kar kom tot 'n galop. Die meganiese presisise van die rooi sportmotor jaag af op die stop straat, 160, 180, 200. Die groen Toyota kom oor die kruising gery, alles is perfek opgelein, 240, 260km/h. Die egalige monstereuse gedreun van die enjin in my ore. So, is dit hoe dit voel.
Om te weet dat my lewe tot sy einde gaan kom hierdie oggend. Daar is geen frees in my nie, net die ywerige afwagting van die oomblik wanneer die pyn binne my gaan stop. Snaaks, ek dog hierdie is die deel waar jou hele lewe voor jou oë moes verbyflits. En toe... gebeur dit... Fok.
In daardie laaste oomblik voor die soete verlossing wat die uiteindelike impak sou bring, toe flits daar 'n herrinering voor my, die herrinering van daardie aand in daardie huis. Die eerste keer wat ek aan haar erken het, in soveel woorde dat ek haar lief het, haar nat hare, haar gesig in-lyn met myne reg voor my in die swembad net voor een-uur die oggend. Die manier wat haar kuif, nat-skeef oor haar voorkop geval het. Toe ek myself nie kon keer nie en haar in die oë staar en die woorde uit my mond uit val nog voordat ek besef dat my lippe beweeg; "ek is lief vir jou". Die onmiddelike ophelder van haar gesig soos wat 'n glimlag, eers oor haar lippe en dan met die spoed wat net 'n glimlag kan besit oor haar hele gesig en dan haar hele wese speel... Die heldergroen van haar retina nog dieper, helderder en meer skitterend as ooit tevore soos haar oë groter oop is as wat ek al gesien het. So groot dat ek tot in die kern van haar menslikheid die geluk wat sy ervaar kon sien. 'n Refleksie van dit wat ek voel. Die bokspring van my hart soos wat ek besef... Sy is Die Een. Die vrou met wie ek gaan wees en wil wees vir altyd. My afrodite. In daardie swembad, in daardie huis, daardie selfde huis, Fok, nog 'n herrinering, daardie oggend. Die sagte vroë oggend lig wat deur die vensters instroom en sagkens oor die kurwe en kleurskakering van haar vel speel, die ligkrans wat die son deur die teenstrydige donsings van haar pikswart hare maak. Die goddelike beeld van hierdie beelskone vrou wat langs my in die bed lê. Elke deel van die prentjie vir altyd in my kop in-geëts.
Damnit. Twee herrineringe, twee sterk, oordonderende redes om my besluit te bedink. Ek kan nie opgee nie. Ek soek haar, met alles in my, elke atoom van my wese skreeu daarna om haar weer vas te hou. Nader te hou, deel te wees van haar en haar deel te maak van my. Fok alles, ek is nie iemand wat sommer net opgee nie, veral nie wanneer die prys waarna ek verlang so groot is nie, alles is wat ek ooit gesoek het en ooit wil hê nie. 
15m voor die ander kar, bliksem... Twee sulke perfekte herrineringe het nie 'n oomblik gevat nie. 14m, in een beweging laat ek die versneller pedaal terugspring en oeffen alle moontlike krag op die remstelsel uit. ABS moet nou hulself bewys. Ek trek die veiligheidsgordel oor my en knip dit terug. 10m, 210km/h, shit, vinnig besluit, ek swaai skerp en doelgerig na regs, sny voor die kar verby, mis hom met enkele sentimeters. Maar die gode van die pad vergewe nie so maklik nie. 'n Getz oppad na my toe, direk van vore. Wat nou gemaak?
80m om te besluit, 190km/h op die spoedmeter. Ek is nog besig om die S-beweging te herstel en nou moet ek weer besluit, en hierdie besluit het nie 'n uitkoms nie. Herkom beheer oor die voertuig dan bots ek met die vrou in haar liggroen Getz, met haar seun langs haar, fok, hy moet haar seun wees, dalk haar jong minnaar? Nie nou tyd hiervoor nie. Fokus Bouwer. Swaai ek weer uit, gaan ek nie beheer kan terugkry van die motor nie. Ek gaan rol. Dalk is dit my verdiende loon. Was tog my besluit. Blykbaar laat die gode van die pad jou nie so maklik afskeid neem van jou besluite nie. Ek swaai na links, vermy die onskuldige vrou en haar dalk-minnaar.
Die bande skree, die traction control sukkel, spring en gly. Die kar maak 'n omwenteling, 180 grade en gly sywaarts teen die randsteen vas. So vinnig, so stadig, so... Onverwags... rustig...
Die regterwiele steek vas teen die randsteen en die kar styg op, tol om, die grond is 'n abstrakte konsep soos ek kyk hoe die dou-nat gras met die groot modderkol nader beweeg. Ewe skielik sien ek weer die lug voor my, tweede omwenteling? Hoe... aangenaam beskryf nie die gevoel van vrede wat oor my heers nie. Alles is net. Ek het geen beheer meer oor die situasie nie, wat nou gaan gebeur is in God se hande. Ek voel gemaklik. Toe die knars van staal wat inplat onder die druk van die kontak met die aarde...
...maar ek is nie dood nie, ek kon nie doodgaan nie. En ek weet nou hoekom. Soos wat die mense na die wrak van die motor toe aanhardloop, die geskree van hulle stemme wat voel of dit duisende kilometers ver brom besef ek iets. Ek moes terugkom en in daardie diep groen oë van jou kyk en vir jou sê dat ek jou lief het. Jy het my nie weggestoot nie, ek het teruggekom vir jou en maak nie saak hoe lank dit gaan vat nie, ek sal wag, vir jou.

Tuesday, April 12, 2011

When clients should listen... For reals yo...

So, another fantastically action-packed, event-filled time.... is still in progress. I barely have time to eat, never mind the simple luxuries of a full night sleep or the ability to do my own grocery shopping. But, alas, so is the life of the labour consultant.
Here is a very important point I need to get across. When you pay money, good money, to get someone else to offer you legal advice, would it not be in your own best interest to ensure that you actually follow their advice? Apparently, your average client/manager/higher-up believes that this is not, however the case, and that they should still do whatever it is that they originally intended to do, except now they mistakenly believe that your objections and reasoning somehow translate to; "Of course mr. corporate manager and/or other higher up man, you are absolutely correct and you should do that random thing or make that random decision that you asked my advice about, regardless of any objections that I may have had and then, when it blow up in your face, I will gladly take full responsibility for any fallout that you may encounter from your boss."
Or is this only my version of events? Case in point, a certain matter was hopelessly and grossly beyond rescue by the time it landed on my desk, due to a minor oversight on my part, I failed to see a technical point and subsequently, it transpired that the other party was, in-fact, correct... Whoops...
It is at this point, however, where I start to dig into the history of the matter, and what should I discover other than that the client was advised against this course of action and chose to overrule this advice from a highly competent former colleague who had enough wits to identify the issue early on, report it and then get that little point buried under an avalanche of grey... Until some random, lucky person, happens upon this and saves the day, for everyone who was not tasked with actually doing this thing that I am now kind of directly responsible for.
Eck...
Oh well, live and learn I always say. New rule, if I tell a client something, I will document his refusal and have him sign it on the spot. Also, I will no longer rely on the competence of my colleagues, as this is clearly not a plausible methodology for performing consultation work.
Regardless, in other news. Life is still fascinating, and at some stage, I believe, there is still the possibility that an inkling of hope will remain and I might just win out in the end....

Friday, March 25, 2011

CitiBoi becomes Dorpseun... But goes corporate all the same...

Good day all readers, followers, interested parties and/or stalkers. Admittedly it has been awhile since my last post, and there has been a very good reason for this, my laziness not being it.
To catch you up on what has happened and why I have been so lax in writing, it is very simple.
I changed careers, moved from the city to a town in Mpumalanga and started a almost entirely new life for myself. The change in career has necessitated a lot of learning, and the new industry has a very steep learning curve, but I am finally feeling like I am making progress, getting better at what I do now and, while not finding time to write yet, have managed to piece together some coherent thoughts over the past three or four nights to post here.
Learning an entirely new job is in itself complicated and hard, but if it is an entirely unrelated field to anything that you have ever done before, it gets harder. However, as IR (Industrial Relations) is an interesting field, and presents unique challenges require you to be able to think fast and change tact on a moments notice, be insightful and assess a situation or a piece of evidence from multiple approach angles at all times, it seems to fill my need for stimulation quite well... A good example would be where a respondent in a CCMA case changes his story halfway through a arbitration leaving your prepared case absolutely useless; then what do you do? You change tact, you re-asess the entire matter in seconds and without faltering continue questioning and presenting different evidence, it is exciting, exhilirating, fascinating and most of all, fun.
I wrote off my little red car shortly after starting my new life in Middelburg, and as the insurance were full of crap and left me with a bit of a lack in the personal transportation department, I was presented with an opportunity to buy the mode of transport that I have wanted for five years now; ie. a 2006 Honda CBR600RR... My new bike recently got her first fine (exactly one week after purchase) but has shown that a well made vehicle can easily outperform something that, on paper, seems superior... And that, after all, is what it's all about.
As my new career path has placed me in a paralegal field, I have been studying a lot of laws, specifically laws pertaining to labour and employment in South Africa. Dismisalls etc. And I will say this, we live in a wonderful country where our government are either complete morons, or absolutely machievellian, I leave it up to you to decide which...

For now, go well... Expect a more relevant and insightful update shortly :)

Tuesday, February 15, 2011

Die Verval Van Hendrina.

Hendrina, 'n vaal, verlate, stofbruin wrak van 'n myndorpie. Met paaie wat soos switzerse kaas vol gate en krake le. 'n Dorpie waar selfs die enigste verkeerslig jare terug al opgepak het en elders gegaan het, dalk in protes teen die verval van die plek, die agteruitgang van sy tuisdorp, wie sou weet? Die vervalle bouvallige muurdele in die skelette van huise en besighede beklemtoon net die leemte, die heersende leegheid, 'n refleksie van dit wat ek in myself voel.
Daar stap 'n ou vrou oor die straat voor my, reeds blind en doof en lankal nie meer bestem om hier te wees nie, waarneembaar in die diep slote in haar gesig, die spierwit in haar hare, haar sonverblykte somersrokkie wat kleef aan haar vooroorgebuigde vorm wys die dra en was van jare.
In 'n oomblik sien ek deur 'n verskeuring in realiteite 'n ander werklikheid, 'n parallele heelal waar hierdie  vrou ook jonk was, die rok ook nuut, maar net vir 'n oomblik... Dan is dit verby, die geestelike herinnering van die heenkoms van hierdie toneel voor my, die besef dat eens was hierdie nie al nie, daar was tog lewe, sprake van vooruitgang, 'n hoop en 'n glimps van positiwiteit voordat die werklikhede van die wereld dit weggeneem het.
Hoe presies weet ek nie wat die beeld hier voor my en die gees van 'n verlede weklik is nie... Die oorblyfsels van die liefde, van die gevoelens in myself, in my eie hart. Die liefde wat daar was, die volle onbeskryflike genot wat ek ervaar het in jou, deur jou Die oombliklike verligting vanuit die wereld wat ek altyd so ooranaliseer en beredeneer, die tydelike verlossing van die kettings van die lewe. Net voordat dit alles weggevat is, verval het, my verlaat het, my gelaat het met net die tydige tydelike herinneringe van dit wat was, wat kon gewees het, en nou waarskynlik nooit sal plaasvind nie. Net 'n tydelike flitsherrinering van iets perfeks... Die verdoeming van Hendrina, fok, die verdoeming van myself...

Sunday, January 23, 2011

Hartseer en verlange...

Vanaand skryf ek in Afrikaans... Ek skryf in Afrikaans, gedeeltelik omdat ek wil sien of ek nog kan, gedeeltelik omdat ek gese het ek gaan, en meestal omdat ek voel in Afrikaans...

Ek is vervul met verlange, met 'n baie spesifieke leemte in my lewe, 'n leemte in 'n vorm wat ek goed ken. Ek het 'n belofte gemaak en ek is van plan om daarby te hou, maar ek vind dat dit moeiliker is as wat ek ooit sou kon raai om nie te doen wat ek gese het ek nie sal doen nie. Ek het genoeg dinge om te finaliseer en af te handel voordat ek hierdie komende naweek trek, maar nie eers die intensiteit en hoeveelheid werk wat ek my mee besig hou is genoeg om my gedagtes af te lei nie...

Ek begin volgende maand in 'n ander afdeling van die maatskappy waar ek reeds drie jaar werksaam is. Ek skuif heeltemal van beroep, en in die proses, van stede. Ek trek na Middelburg toe en begin as 'n IR Konsultant. Ek maak 'n nuwe begin vir die nuwe ek. Die ek wat nie meer in die stad kon bly nie; die ek wat vergeet het wat dit was om te voel het daar gebly. Die ek wat nie geweet het wie hy is en wat hy wil doen nie, het daar gebly. Die nuwe ek, die ek wat weet presies wat ek wil he uit die lewe uit, wat presies weet waarheen ek wil oppad wees, is die ek wat van volgende week af in Middelburg bly en werk. Die ek wat weer weet hoe dit voel om emosies te ervaar en hoe om te lewe in plaas daarvan om net as buitestander waar te neem hoe ander lewe is die ek wat nou besig is om alles in Johannesburg op te pak, weg te gooi dit waarvoor daar nie plek is nie, en in te pak dit wat ek nodig gaan he om te wees wie ek word.

In 'n mate is dit wat ek doen nodig, om uit die kokon van beskerming waarin ek myself vir 4 jaar teogedraai gehou het uit te klim. Die eerste tentatiewe klap van my nuutgevonne vlerke voordat ek begin om te lewe... Werklik te lewe, sonder vrees, sonder afhanklikheid.

So wag maar op die volgende uitgawe van die blog, hetsy Engels of Afrikaans, om meer te hoor oor hoe dinge gaan in my lewe...

Thursday, January 13, 2011

I Love Someone...

Today, I write my latest entry with a very specific reason in mind, I am writing about something that I am feeling, something inside of me that needs to be said, and something that I need to get off my chest. In order to understand them, you need to understand that there are various types of love, various things worth understanding about love. Amore, Agape and Eros... The reality that love does not necessarily mean all of the above, but can be a selection of them, more specifically, that sometimes, when we are really lucky, they can be all of them...

Love, and being in love, and the fact that I am very lucky in having both of these things, very deeply for someone who is completely worth all of my affection and attention. She is the most perfect girl whom I ever met, and while perfection is relative, it is, in this case, relative to me, and for that reason, the only relevant perspective being my own, she is perfection incarnate. When I am around her, I am filled with a feeling of bliss and contentedness, the time we spend together, I consider my most prized, the most valuable thing I do. I would do anything that she asks of me, and would do everything in my power to ensure that she gets what she needs, that her every want is seen to. I care for this girl so much that I cannot begin to even explain or put into words the intensity of these feelings.

At the present juncture we have decided to start over, take things slowly, let them develop as they should. Without expectation, without fear or uncertainty. Simply stated, be friends. Don't misunderstand me, I want nothing more than to hold her in my arms, spend all my time with her, show her the world and experience all of it with her at my side, I want to tell her that I love her, that she is the most important person in the world to me and that she means more to me than anyone else that ever existed. I want to have the certainty that she is mine, and to ensure that she knows that I am hers. I want to spend hours looking at her various smiles, especially the one I remember most perfectly... The smile where her entire face lights up, the one where the individual freckles on her face stand out just a little bit more, almost with pride, the smile where her eyes are so open, so clear that you can see the reflection of the world in their green depths and get lost within that world... The smile that, even by just remembering it, leads to me having this awestruck fool's grin... Spend every waking hour with the girl who is capable of seeing to the core of me, know how I think and appreciate the thoughts I have, the girl whose own thoughts are ones that fascinate me, the girl whose stories I could listen to for hours, whose poems speak of a deeper truth, a reality that is more real than any other, and an inescapable honesty that just forces introspection in me. A woman who can describe a concept to me with a precision and insight that reveals not only her intelligence, but her intellect and wisdom at the same time. A person who has the power to soothe any uncertainty inside of me, either with a quick word, or a long discussion, without failing to hit the nail on the head, each time.

But the reality of the situation is that the decisions that we have made have been made for very good reasons, and while, ideally, this would not be the case, the fact of the matter remains that it is, and I can not change things. Only accept them... That doesn't mean it's all bad though, and yes, there is a huge silver lining here: "We have the opportunity to get to know each other better, to be the support that each of us needs, as life is a never-ending learning experience, we can serve as valued council for each other, provide insights from our own, widely differing frames of reference to each other. Be supportive of the growth that each of us expect from this life and mostly, be the company we sometimes find ourselves needing." I can't tell her how I feel right now, because that wouldn't be fair towards her. I can't do any of the things I want, because right now, her needs are more important, more real, more relevant. I left my heart with her, and that is where it will stay, I know that, I accept that, I even acknowledge that much...

So why did I write this post, you ask? Read the bold lettering, understand what I am saying and realize the importance that this girl has to me, the intensity of my feelings for her, the reality that she is everything that I ever wanted and will ever want and realize this; If you are ever lucky enough to find someone like that, someone who makes you feel the way that she makes me feel, then the single best advice that I can ever give anyone, the most important truth that exists... If it's worth having, it's worth doing whatever it takes to get it, patience and understanding, the ability to accept that which you cannot change, but to fight for what you can... To quote the best way this has ever been stated; "Hoe meer jy haar wil he, hoe minder is die kanse dat jy haar gaan verloor..."

Tuesday, January 11, 2011

Learning About Life Needs Practice

So, time for another blog post... I have refrained from writing for the past few weeks because initially the topic would've sickened everyone and more recently, because I just didn't want to do many things. So then, finally, I think that I have something worth saying.
Where to begin; well, there is the whole concept of project CitiBoi, which will now replace my old blog, which was ITDudesBlog.
I will no longer be writing on that blog, and will, in future, focus all of my writing on this blog instead, in an attempt to unify the two and reduce the effort of maintaining two blogs, but also because the original concept of project CitiBoi has died a tragic death.
Now, for the part that is what I actually want to say; I recently have learnt alot more about my own self than I knew in past, and more specifically, I have been able to prove that the theoretical enlightenment that I thought I had attained, often times needed a real-world test before it could be considered, and in truth, I think I passed some, and failed some, but only realizing how I had failed in some of these ideals, through a good friend no less, did I realize what had needed tweaking in order to be viable wisdom.
I find myself considering these newly learnt lessons, and the updates to ones learnt of old quite often, I find myself more readily accepting "omens" and I find myself struggling with one or two, but overall, I have learnt alot more about things that I needed to learn alot more about.
Now, the things that I have said, should be a guide to those who consider themselves to be in a place where they are journeying through self-discovery, because often times we consider ourselves certain of a realization and that we won't make the same mistakes again, while in reality, the theory of how we should've coped is still flawed and requires testing, only after actually testing the theory can you know whether your coping mechanism will work or not. In short, I am wishing to share that small little bit of wisdom with you :)
That done, I am now going to wish all of you a fair day, and know that I will be writing again soon.