Saturday, May 14, 2016

Okey Dokey

I put my whole self in, I pull my whole self out, in-out, in-out and that's what it's all about ;)

Sunday, April 17, 2016

Onverwags, Onbepland en Onbeskryflik

Soms is die lewe 'n vervelige, eentonige herhaling van homself vir so lank dat dit noodsaaklik voorspelbaar raak. 'n Mens raak so vasgevang in die grys van die ordinêre dat dit onmoontlik raak om te konsidireer dat daar 'n alternatief is. Werk, slaap, nodige sosiale interaksies, televisie, boeke, blogs, webcomics en eet...
Niks verras meer nie, niks lok die ywer en genot meer uit nie en dan, net wanneer jy jouself oortuig het dat dit al is wat oor is, wanneer jy jou toelaat om die medikasie as 'n antwoord en nie net 'n kruk te aanvaar nie, dan gebeur dit; nie 'n brandende, alomvattende verandering nie maar stadiger, soos wat die fondasies van jou lewe eers skud en dan herranskik. Stadig eers, soveel so dat jy nie die verskil kan sien nie maar eendag word jy wakker en alles is anders, beter.
Onlangs het hierdie klein, konstante veranderinge vorm geneem in die gewaad van 'n heeltotale metamorfose. Ek het voorheen al baie male voorspel dat 'n seun eers 'n man word wanneer hy die regte vrou ontmoet, die vrou wat hom noodsaaklik in 'n man maak en alhoewel dit 'n pragtige filisofiese woordrangskikking was het ek dit nie in my eie lewe as nodig beskou nie, nie totdat dit gebeur het nie. Uit niks uit nie, skielik en sonder beplanning het die besluite wat ek neem verander, nie meer selfdienend nie maar eerder, organies met langtermyn konsiderasie. Skielik is dit nie meer wat ek wil doen nie, maar watter invloed dit op haar gaan he, watter invloed dit op die seuns gaan he, hoekom ek dit wil doen, my vroeëre hedonisme het gelei tot 'n vorm van selfloosheid wat nie net bevrydend in dit self was nie, maar natuurlik en maklik en meer belonend was. Skielik was dit nie meer wat ek wil hê nie maar wat ons wil hê... Nie wat ek nou soek nie maar wat ek oor 'n maand, 'n jaar en 'n dekade wil hê. Sy het in my lewe ingekom, nie soos 'n storm wat alles omvergooi nie maar soos 'n sagte lentebriesie wat die begin van die somer oor my lewe gespoel het, die einde van die winter aangekondig het sonder 'n reuse, verswoestende storm maar met prag en wonder, subtiel en magies en perfek...

Monday, March 14, 2016

Hoekom dan nie?

Die oneindige moontlikhede wat elke dag inhou behoort jou te laat steier. Die ontelbare hoeveelheid ondervindinge wat ek kan ervaar is ontelbaar, asemrowend en ek sit hier en kyk na my Outlook inboks en wag vir nuwe e-pos.
Ons lewe, vasgevang in lusse, lewe dieselfde paar dae oor-en-oor en verbeel onsself net 'n handjie vol moontlike padjies wat voor ons lê. Ons sien dieselfde dinge elke dag en reageer dieselfde manier, dink dieselfde gedagtes, elke dag 'n ligte variasie op die vorige dag, elke oomnlik vloei egalig op die sagte kurwe van maatskaplike norme.
Ons tree op asof om net deur vandag te kom, more te kom gaan beteken dat ons drome kan terugkeer na ons toe.
Nee, ek het nie al die antwoorde nie, ek weet nie hoe om myself te forseer om die potensiaal in elke oomblik te sien nie maar ek weet een ding: Die oplossing behels nie die afwatering van elk van my idees en kreatiewe impulse net sodat ek eendag makliker in 'n vorm kan pas nie. Dit behels nie die temper van my eie lewe om beter in iemand anders se verwagtinge in te pas nie. Dit behels nie terughou omdat ek bang is om dinge rond te skud nie.

Monday, December 28, 2015

My Prinses

Ek is al bietjie langer in hierdie wêreld as jy en ek is al dood vir die meerderheid van daardie tyd. Ek het al dinge gesien wat jy jou nie eers kan verbeel nie en dinge gedoen wat ek sal verkies jy nie verbeel nie. Ek het nie presies 'n reputasie as iemand wat die "regte" ding doen nie; ek volg my bloed en dit neig nie altyd in die rigting van my brein nie, so ek maak baie foute, 'n miljoen verkeerde roepe. Dertig-plus jare en daar is net een ding waaroor ek seker is: Jou. Hey, kyk na my, ek vra jou nie vir enige iets nie, ek sê hierdie nie omdat ek jou soek nie, want ek doen soek jou, maar dit is nie hoekom ek jou hierdie vertel nie. Wanneer ek sê dat ek luef is vir jou is dit nie omdat ek jou soek nie of omdat ek jou nie kan hê nie, dit het niks met my te doen nie. Ek is lief vir wat jy is, wat jy doen, hoe jy probeer... Ek het jou vriendelikheid gesien, ek het die beste en ergste van jou gesien en ek verstaan met perfekte klaarheid presies wat jy is; jy is 'n wonderlike vrou, jy is die een, jy is my Prinses.

Tuesday, October 6, 2015

Vanaand

Normaalweg kan ek gedagtes van jou wegdrink
maar vanaand is dit verlange wat aan my kou...
Normaalweg kan ek jou uit my hart uitsit
maar vanaand is ek te moeg om aan te hou.

Die herinneringe speel soos rolprente deur my gedagtes
en ek kan nie keer dat gedagtes van jou soos heroïne in my junkie-are brand nie.
Ek voel weer die pyn opnuut,
alles wat ons was,
alles wat jy gese het en
alles wat ons gedoen het en nie kon doen nie.
Dit spoel soos branders op die strand van my gedagtes vanaand...

Vanaand brand die herinerring van jou soos 'n vuur in my
en elke liewe moment brand net hoër
en ek kan jou net nie ontsnap nie
en ek wil nie die vlamme meer blus nie.

Ek sit hier in die kole en hoop jy kom terug na my,
maak my oë styf toe en hoop en smeek vir die ontsnap wat ek soms vind in slaap...
Kom maak my wakker asseblief.

Ek sit die tv kliphard om jou stem te kan verdrink maar ek kan nie vergeet nie
en ek is raadop en op my laaste sigaret
en jy slaap seker vas, diep in jou drome terwyl ek hier spartel in die hel van my eie gedagtes.

Waarookal jy is weet ek jy het aanbeweeg en dink nie meer aan my nie...
Ek weet jy beweeg aan en dat ek moet opgee
maar ek hoop dat jy sal struikel en weer vir my sal val.
Tyd maak niks beter nie,
die pyn is erger as wat dit ooit was
en ek weet jy kan my nie hoor nie maar fokkit ek het jou nodig weer vanaand.

Monday, September 14, 2015

Dorpsplaaskind my Meisiekind

Dorpsplaaskind my meisiekind met winter in jou hare, 
mag jou glimlag nooit verblyk deur al leefs' kronkelpaaie
want hoëveldnooi my maanprinses die tyd brand in jou oë, 
die wêreld rol-tol en draai om ons en los jou soms bemoë 
maar elke nag gaan le die son en nag’s stilte ontplooi 
en jy, die maan in nagsgewaad, ontpop dan o so mooi. 

Ja langhaarkind my meisiemens jou prag straal altyd deur 
die moei en stoei en voortbestaan van dag na dag se treur. 
Jy’s bosveldmooi in helder-herfs en daagliks laat jy my 
my lewenskeuses keer op keer konstant weer regomkry. 
In elke dag se rondgespartel deur die werk en talm 
bly jy die en’gste oorsaak vir my nuutheersende kalm. 

O blommekind my pragprinses aan jou behoort my hart, 
kon ek vra vir enig’iets as verlossing van leefs’smart 
was dit om my lewe voort te leef met jou teenaan my sy. 
Om daagliks keer op keer die geleentheid te kan kry 
om jou elke dag telkemale keer herhaald'lik te kan wys 
dat daar niemand in die heelal is wat beter is as jy.

Sunday, May 10, 2015

Alliances

When you stand before me, stripped bare, nakedly honest, my allegiances perish, because wars are fought for moments like these; moments of blissful perfection, moments where all the reality that surrounds us tumbles into oblivion and the clutter fades into the background, when all that is left is the truth, the absolute, inalienable fact that I was meant to love you and you were meant to be loved by me. Perfectly. Absolutely. Honestly.